Die Sjokolade Haas, Okkerneut Eekhoring en die Systof Katfamilies het in’n huisie by die see gaan bly. Selfs nadat hulle die heel dag in die see gespeel het, geniet die kinders nog steeds om te bad en die vis te braai wat hulle gevang het.
Wanneer hulle saans in hulle hangmatte klim, het hulle soveel pret dat die laaste ding wat hulle wil doen, is slaap.
Laat een aand, het Freya, die Sjokolade Haasmeisie, Ralph, die Okkerneut Eekhoringseuntjie en Tiffany, die Systof Katmeisie uitgegaan op die veranda en opgekyk in die naglug.
“Dit is so mooi!”
Die sterre is uitgesprei oor die hele lugruim.
Net toe sien hulle’n baie groot verskietende ster wat na die strand toe val.
“Ek het nog nooit’n verskietende ster so groot gesien nie,” sê Ralph.
“Môre moet ons gaan probeer kyk waar dit geval het.”
Ralph is so lief vir vreemde goeters. Die volgende oggend loop die drie na waar die verskietende ster geval het.
“Dit het omtrent hier afgekom,” sê Ralph.
“Miskien was dit’n regte ster,” sê Tiffany.
Net vir die pret, soek hulle rond en kyk agter’n klein rots. Daar kry hulle’n verrassing.
Agter die rots is’n hoop glinsterende seeskulpe. Hulle is almal in hulle noppies.
“Hulle is pragtig! Net soos die klein stukkies van’n ster.”
“Kyk na hulle almal! Dit is verbasend hoe hulle almal saam geval het. Miskien het die verskietende ster ons in die rigting van hierdie skat gestuur.”
Freya, hou hulle egter in stilte dop. Dit was seeskulpe wat sy die vorige dag opgetel het. Hulle was in haar pad terwyl sy geswem het en toe sit sy dit daar. Maar Ralph en Tiffany is so opgewonde dat sy nie die hart het om vir hulle te sê nie.
Dus kyk sy maar net terwyl Ralph en Tiffany vrolik hulle sakke vul met die skulpe, of dit in hulle sakdoeke toedraai.
“Daardie verskietende ster het vir ons’n geskenk gebring wat ons nooit verwag het ne,”
dink sy en glimlag.
“Ons het iets om vir julle te wys,”
sê Ralph en Tiffany vir die babas toe hulle terugkom by die huisie. Hulle vertel toe alles oor hoe hulle die skulpe gevind het.
“Toe die verskietende ster geval het, het dit vir ons gewys waar die skat was.”
“Hierdie skulpe is soos klein stukkies ster.”
Die babas was baie opgewonde.
“’n Skat! Ons wil ’n skat hê!”
“Moenie vanaand slaap nie en hou dop vir ’n verskietende ster,”
sê Ralph en Tiffany vir hulle. Dit klink na moeilikheid.
“Wat nou? Daar is nie meer enige skulpe daar nie,”
dink Freya.
“Die babas gaan baie teleurgesteld wees.”
Sy sluip op haar eie uit na die strand en soek na nog skulpe en stapel dit agter die rots.
“Ek sal vir verskietende sterre vir julle kyk,”
sê sy vir die babas daardie nag.
“Gaan slaap julle.”
Die volgende oggend toe die babas wakker word, sê sy,
“’n Verskiettende ster het laas nag geval,”
en neem hulle uit na die strand.
“Was dit hier rond? Of miskien daar?”
Sy begin tussen die rotse te soek.
“Ons sal ook soek!”
sê die babas en trippel gelukkig rond.
Gou vind Ambrose, die Okkerneut Eekhoringbaba die skulpe agter dieselfde rots.
“Kyk! Hope skatte!”
Crème, die Sjokolade Haasbaba en Gilly, die Systof Katbaba kom nader. Hulle is almal baie bly.
Terwyl sy hulle dophou, glimlag Freya gelukkig.
“Daardie verskiettende ster het sowaar geskenke gebring.”
Die skulpe wat Freya so lank geneem het om te versamel, het vir almal aandenkings van hulle seevakansie geword.
Die storie het deur die dorp versprei en gou het al die kinders gesê,
“Wanneer jy’n verskietende ster by die see sien, dui dit vir jou aan waar daar’n skat is.”
Wanneer Freya dit hoor, voel sy gelukkig maar ook’n klein bietjie verleë.
DIE EINDE
KENNISGEWING
Foto's is spesiaal gestileer om die karakters in die stories uit te beeld.
Sommige bybehore is rekwisiete wat spesiaal vir die foto's gemaak is en is nie te kope nie.
Die figure is waarskynlik nie in staat om die bybehore te houvas soos in die foto's vertoon word nie.